Daniël Konverensie
DANIëL KONFERENSIE – VAALDRIEHOEK
Die Daniël konferensie is in 2008 asook hierdie jaar 2009 in Pretoria te NG Moreletapark Pretoria gehou en is deur duisende mans bygewoon. Die doel van die Daniël konferensies is om mans in ons samelewing te help om hul God gegewe rolle vol te staan in hul gesinne, hul gemeentes en in die samelewing. Dit alles begin natuurlik by ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus.
In samewerking met NG Moreletapark Pretoria kry die mans van die Vaaldriehoek ook nou geleentheid om hieraan deel te neem. Die konferensie word gehou in die kerkgebou van die NG Gemeente Vaalrivier op 28 – 30 Augustus 2009.
Die koste is R150 en sluit verversings, asook middagete op die Saterdag in. Die verrigtinge word onderbreek vir die rugby en sal op ‘n groot skerm vertoon word.
VRYDAG
6.00-6.30 Lofprysing,opening,verwelkoming
Daniel lied
6.30-7.15 Sessie 1 JOHAN SMIT-Die risiko om man van God te wees.
7.15-7.30 Bespreking en vrae
7.30-7.40 Bene rek
Daniel lied
7.40-8.20 Sessie 2 ELZA MEYER-Die skrif is aan die muur
8.20-8.40 Gebed Persoonlike behoeftes(BRAAM)
8.40-9.00 Lofprysing en afsluiting
SATERDAG
08.00-08.30 Lofprysing en opening
Daniel Lied
08.30-09.15 Sessie 3 WILLEM BADENHORST-Man van God en gebed (Oop venster)
09.15-09.20 Bene rek
09.20-10.01 Sessie 4 PEET GROBBELAAR-Man van God by die werk
10.01-10.30 (Phillip Coetzer getuienis LIVE)
10.30-11.00 Tee
11.00-11.10 Lofprysing
11.10-11.50 Sessie 5 JANNIE DE BEER-Man van God in die gesin
11.50-12.00 bedankings
12.00-14.00 Ete en rugby kyk
Daniel Lied
14.00-14.20 Lofprysing
14.20-14.50 Sessie 6 CAREL SMITH-Man van God se intieme verhouding met God
14.50-14.55 Bene rek
14.55-15.31 Gebed sessie vir siekes (BRAAM)
Bene rek
15.31-16.15 Sessie 7 PEET GROBBELAAR -Man van God verander jou wereld
16.15-17.00 Afsluiting seremonie (kruis in die kerk manne kom gee hulle seer en lewe en behoeftes vir die
Here)
Sluit af met Oorwinningslied
Sarel Visser, het ingewillig om die erediens Sondag in NG Vaalrivier te lei.
Tydens die uitreik sal daar ruim tyd wees vir lofprysing, gebed en besprekings.
Sondag word die verrigtinge afgesluit met n gesamentlike erediens.
Moenie hierdie kans laat verbygaan om die golf van herlewing wat God oor ons land laat spoel te mis nie. Ons glo dat God deur hierdie Daniël uitreike jou gemeente en gemeenskap sal gebruik en seën sodat die Vaaldriehoek se gemeenskap sal terug draai na God toe.
Die mans van Vaaldriehoek word gevra om hierdie geleentheid te ondersteun en by te woon.
Fasiliteerders sal ook tydens die uitreik beskikbaar wees vir berading, gesprekke, raad en gebed.
Vir verder navrae of besprekings kontak.
Gert Kymdell (082-441-8821) gpj.kym@vodamail.co.za
Siena Kymdell (082-441-8822)
- No comments yet.
- No trackbacks yet.
